Baie welkom by Bybelavontuur. Ons skop hierdie jaar af met ‘n splinternuwe Bybelskool by NG Onrusrivier in Hermanus. Ons droom is om die groot storie agter die verse van die Bybel te ontdek – die storie wat God oor honderde of selfs duisende jare geskryf het, en steeds besig is om te skryf. Ons kyk in die volgende weke oorsigtelik na die Ou Testament en die Nuwe Testament.

Ons Bybelskool skop af op Donderdag 1 Februarie by NG Onrusrivier in Hermanus, en daarna weekliks op Donderdae vanaf 9:00-10:00. Die volledige lys datums is beskikbaar op ons gemeente-kalender by www.ngkonrusrivier.co.za

Anders as in ‘n Bybelstudie wil ons in ‘n Bybelskool nie elke individuele versie en paragrafie in die Bybel uitlĂȘ en probeer verstaan nie – dit doen ons wanneer ons Bybelstudie doen. In hierdie Bybelskool kyk ons na die groot blokke in die Bybel en die storie agter hierdie groot blokke. Dit gee vir ‘n mens ‘n greep op die Bybel en help jou om die verse en paragrawe beter te verstaan binne hulle konteks.

Registreer asb by die kerkkantoor indien jy die Bybelskool wil bywoon. Daar sal geringe kostes wees vir die handleiding.

Groete en mooi 2024!

Coenie

Ons skop binnekort af…

One thought on “Ons skop binnekort af…

  • 2 Januarie 2024 at 1:07 nm
    Permalink

    Howzit, this is a comment.
    To get started with moderating, editing, and deleting comments, please visit the Comments screen in the dashboard.
    Commenter avatars come from Gravatar.

    Reply

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui